Pous Stefanus VIII
Stefanus VIII (IX) was die 127ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. Weens die statusverandering van Pous Stefanus (II), was Stefanus VIII vanaf die begin van die 13de eeu tot 1961 bekend as Stefanus IX en was hy die 128ste pous. Sien Die spesiale geval van Pous Stefanus (II) vir volle besonderhede. BiografiePous Stefanus VIII (IX) is gebore in Rome, Italië van Duitse afkoms. Voor sy verkiesing was hy kardinaal-priester van Sint Silvester en Martinus. Op 14 Julie 939 volg hy Pous Leo VII op en regeer tot sy dood in laat Oktober 942. Hy word opgevolg deur Pous Marinus II. Die naam ‘Stefanus’ beteken 'die gekroonde'. PontifikaatPous Stefanus VIII (IX) was heeltemal onder die invloed van Alberic II en het slegs in naam regeer.[1] Latere, ietwat onbetroubare bronne dui aan dat Stefanus betrokke was by 'n komplot teen Alberic, gevang en gemartel is en aan sy wonde beswyk het. Bibliografie
Verwysings
Eksterne skakelsDie Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui. Opvolging
Information related to Pous Stefanus VIII |
Portal di Ensiklopedia Dunia