Pous Lando
Lando was die 121ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Lando is gebore in Sabina, Italië, die seun van Taino. In Augustus 913 volg hy Pous Anastasius III op en regeer tot sy dood in Maart 914. Hy word opgevolg deur Pous Johannes X. Die naam ‘Lando’ beteken 'Land'. PontifikaatSoos sy voorganger, het Pous Lando volledig onder die druk van Theophylactus[1] gestaan. Verder is niks oor sy bewind bekend nie. Pous Lando was die laaste pous waarvan die naam nie deur 'n latere pous gebruik is nie en ook die laaste wat nie die naam van 'n vorige pous aangeneem het nie totdat Pous Johannes Paulus I in 1978 twee name gekombineer het. Bibliografie
Verwysings
Eksterne skakelsDie Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia en aangevul uit ander bronne soos aangedui. Opvolging
Information related to Pous Lando |
Portal di Ensiklopedia Dunia