Pous Paulus I
Paulus I was die 93ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk. BiografiePous Paulus I is gebore ongeveer in die jaar 700 in Rome. Op 29 Mei 757 volg hy sy ouer broer Pous Stefanus II op en regeer tot sy dood op 28 Junie 767. Hy word opgevolg deur Pous Stefanus III. Die naam ‘Paulus’ beteken 'die kleintjie'. PontifikaatOnder die pontifikaat van sy broer en voorganger Pous Stefanus II was Paulus 'n deken en voer namens die pous onderhandelings met die Lombarde. Na die dood van sy broer word hy as pous verkies in weerwil van 'n minderheid wat aartsdeken Theofilactus voorgestel het. Hy verbeter die betrekkinge met die Franke, Lombarde en die Bisantynse Ryk. Hy word deur die koning van die Lombarde Desiderius en die koning van die Franke Pepyn die Korte aangestel as arbiter in hulle stryd oor grondregte. VereringPous Paulus I word in die Rooms-Katolieke Kerk vereer as 'n heilige. Sy feesdag is op 28 Junie. Bibliografie
Eksterne skakels
Die Engelse Wikisource bevat bronmateriaal oor hierdie onderwerp onder die titel:
NotaSaamgestel en vertaal uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse wikipedia. Opvolging
Information related to Pous Paulus I |
Portal di Ensiklopedia Dunia