Hemp'n Hemp is 'n doekkleed wat die bo-liggaam bedek. Oorspronklik was dit 'n onderkledingstuk wat deur beide mans en vroue gedra is. Heellaas het dit 'n term vir 'n wye verskeidenheid van bo-liggaam klere en onderklere geword. 'n Hemp is meer spesifiek 'n kleed met 'n kraag, moue met mansjetknope, en 'n volle vertikale opening met knopies of drukkertjies (Amerikaners sou dit 'n "rokshemp" noem). 'n Hemp kan ook gedra word met 'n das, kravat of serp rondom die hempskraag. GeskiedenisDie wêreld se oudste bewaarde kleed, ontdek deur Flinders Petrie, is 'n "hoogs gesofistikeerde" linnehemp van 'n Eerste Dinastie Egiptiese graf by Tarkan, c. 3000 v.C.: "die skouers en moue is fyn geplooi en gee vorm-passing terwyl die draer ruimte gegun word om in te beweeg". Die hemp was tot die twintigste eeu 'n mansonderkledingitem.[1] Hoewel die vroulike chemise 'n nouverwante kleed van die man s'n was, was dit die manskleed wat tot die moderne hemp ontwikkel het.[2] VerwysingsEksterne skakels
|
Portal di Ensiklopedia Dunia