Charlton Heston (4 Oktober 1923 – 5 April 2008) was ’n Amerikaanseakteur van rolprente, TV en die teater[1] en ’n politieke aktivis.
As ’n Hollywood-ster het hy oor 60 jaar in 100 rolprente verskyn. Sy bekendste rolle was in The Ten Commandments (1956); Ben-Hur (1959), waarvoor hy ’n Oscar gekry het; El Cid (1961) en Planet of the Apes (1968). Hy het ook in onder meer The Greatest Show on Earth (1952) en Touch of Evil (1958) gespeel. Van sy tonele wat die beste onthou word, is as Moses wat die Rooisee verdeel in The Ten Commandments en ’n strydwa-tweegeveg in Ben-Hur. Sy hoofrolle het hom ’n ernstige, outoritêre persoonlikheid besorg en het verantwoordelikheid, individualisme en manlikheid uitgebeeld; Hy het rolle wat nie klem op dié eienskappe gelê het nie van die hand gewys. Dit het ook gewig verleen aan sy politieke stem – hy was nou by die politiek betrokke.[2]
Nadat Alzheimer se siekte by hom gediagnoseer is, het Heston in 2003 ophou toneelspeel.[3]
Vroeë jare
Heston is as John Charles Carter gebore en was die seun van Russell Whitford Carter, ’n saagmeulbediener, en sy vrou, Lilla (gebore Charlton).[4] Volgens die meeste bronne is hy in Evanston, Illinois, gebore.[5][6][7][8] In Heston se outobiografie[9] en ander bronne word egter genoem hy is in No Man's Land, Illinois, gebore – dit is nou ’n welgestelde voorstad van Chicago.
Heston was van Engelse en deels van Skotse afkoms.[10] Hy was 10 jaar oud toe sy ouers geskei is. Sy ma is kort daarna met Chester Heston getroud. Heston (sy nuwe van) het daarna in ’n ryk buurt van Chicago skoolgegaan.[11]
Sy verhoognaam kom van sy ma se nooiensvan en stiefpa se van. Sy vriende het hom "Chuck" genoem.
Loopbaan
Heston was op hoërskool deel van ’n dramaprogram en het ’n universiteitsbeurs vir drama gewen. Hy het in 1944 by die Amerikaanse lugmag aangesluit en is in dieselfde jaar met ’n student, Lydia Clarke, getroud. Ná die oorlog het Heston en Clarke in New York gebly en as modelle vir kunstenaars gewerk. As ’n manier om by toneelspel betrokke te raak, het hulle in 1947 besluit om ’n teater te bestuur in Asheville, Noord-Carolina.
In 1948 het hulle na New York teruggekeer waar Heston ’n byrol aangebied is in Shakespeare se Antony and Cleopatra op Broadway. Hy het ook ’n paar rolle op TV gekry. Die rolprentvervaardiger Hal B. Wallis het hom in 1950 in ’n TV-produksie van Wuthering Heights gesien en hom ’n kontrak aangebied.
Charlton Heston as Mark Antony in Julius Caesar, 1950
Hollywood
Heston in 1963.
Heston se eerste professionele verskyning in ’n rolprent was in Dark City, ’n film noir van 1950. Sy deurbraak was in Cecil B. DeMille se The Greatest Show on Earth, wat as die beste prent van 1952 aangewys is. In 1956 het Heston ’n ikoon geword vir sy uitbeelding van Moses in die uiters suksesvolle prent The Ten Commandments (1956). Die vorige jaar het hy saam met Jane Wyman in Lucy Gallant gespeel en in 1958 het hy die rol vertolk van ’n Meksikaanse polisie-offisier, Ramon Miguel Vargas, in Orson Welles se hoog aangeskrewe film noirTouch of Evil.
Uit die lokprent van Ben-Hur, 1960.Heston poseer vir sy vrou, Lydia, nadat hy ’n Oscar gewen het vir sy rol in Ben-Hur.Janet Leigh en Heston in Touch of Evil.
Nadat Marlon Brando, Burt Lancaster en Rock Hudson[12] die titelrol in Ben-Hur (1959) van die hand gewys het, het Heston die rol aanvaar en die Oscar vir beste akteur gewen – een van die destyds ongeëwenaarde 11 Oscars wat die prent ingepalm het.
Heston het hierna die hoorolle gespeel in verskeie fiktiewe en histoirese epiese prente: El Cid (1961), 55 Days at Peking (1963), as Michelangelo in The Agony and the Ecstasy (1965) en Khartoum (1966). Hy het ook in die westernWill Penny (1968) gespeel.
In 1968 het Heston in Planet of the Apes gespeel en in 1970 het hy ’n kleiner byrol gehad in die opvolg, Beneath the Planet of the Apes. Hy het ook in 1970 Markus Antonius gespeel in Shakespeare se Julius Caesar. Die volgende jaar was hy in die wetenskapsfiksieprent The Omega Man te sien.
Heston het sy debuut as regisseur in 1972 gemaak en ook Markus Antonius gespeel in Antony and Cleopatra. Hildegarde Neil was Cleopatra. Nadat dit vlymende resensies ontvang het, is die prent nooit uitgereik vir rolprentteaters nie. Dit is ook selde op TV gesien. Dit is eers in Maart 2011 op DVD uitgereik.[13] Daarna het meer geslaagde prente gevolg, soos Soylent Green (1973) en Earthquake (1974).
Van 1973 af is Heston meer dikwels in byrolle en die teater gesien. Hy het saam met sy seun Fraser verskeie TV-prente gemaak, onder meer Treasure Island (1990) en A Man For All Seasons. In 1992 het hy in ’n kort reeks video's verskyn, Charlton Heston Presents the Bible, waarin hy stukke uit die Bybel voorlees. Dit het groot sukses op video en DVD behaal.
Hy het daarna in verskeie rolprente en TV-programme opgetree. Sy laaste filmrol was in 2003 as die berugte Nazi-dokter Josef Mengele in My Father, Rua Alguem 5555.[14]
Latere lewe en dood
In 1996 het Heston ’n heupvervanging ondergaan en in 1998 is prostaatkanker by hom gediagnoseer. Die kanker was ná ’n paar bestralingsessies in remissie. In 2000 het hy bekend gemaak dat hy in dié jaar vir alkoholisme behandel is in ’n kliniek in Utah.[15]
Op 9 Augustus 2002 het hy aangekondig dat hy gediagnoseer is met simptome wat ooreenstem met Alzheimer se siekte.[16] In Julie 2003 het hy die Presidensiële Vryheidsmedalje van pres. George W. Bush ontvang. In Maart 2005 het verskeie koerante berig dat sy toestand vinnig agteruitgaan.[17]
Heston is op 5 April 2008 by sy huis in Kalifornië oorlede met sy vrou van 64 jaar, Lydia, aan sy sy. Die familie het nie die oorsaak van sy dood bekend gemaak nie.[18][19]
Filmografie
Hier onder volg ’n lys van die rolprente waarin Heston gespeel het.
1941–1959
Jaar
Prent
Rol
Regisseur
Ander akteurs
1941
Peer Gynt
Peer Gynt
David Bradley
Betty Hanisee, Lucielle Powell
1950
Julius Caesar
Marc Antony
David Bradley
Harold Tasker, David Bradley
Dark City
Danny Haley / Richard Branton
William Dieterle
Lizabeth Scott, Viveca Lindfors, Dean Jagger
1952
The Greatest Show on Earth
Brad Braden
Cecil B. DeMille
Betty Hutton, Cornel Wilde, Dorothy Lamour, James Stewart
Ruby Gentry
Boake Tackman
King Vidor
Jennifer Jones, Karl Malden
The Savage
James "Jim" Aherne jr.
George Marshall
Susan Morrow
1953
The President's Lady
Pres. Andrew Jackson
Henry Levin
Susan Hayward, John McIntire
Pony Express
"Buffalo Bill" Cody
Charles Marquis Warren
Rhonda Fleming, Jan Sterling, Forrest Tucker
Arrowhead
Ed Bannon
Charles Marquis Warren
Jack Palance, Katy Jurado, Brian Keith
Bad for Each Other
Dr. Tom Owen
Irving Rapper
Lizabeth Scott
1954
The Naked Jungle
Christopher Leiningen
Byron Haskin
Eleanor Parker, William Conrad
Secret of the Incas
Harry Steele
Jerry Hopper
Robert Young, Nicole Murray
1955
The Far Horizons
William Clark
Rudolph Maté
Fred MacMurray, Donna Reed
The Private War of Major Benson
Maj. Bernard R. "Barney" Benson
Jerry Hopper
Julie Adams, William Demarest
Lucy Gallant
Casey Cole
Robert Parrish
Jane Wyman
1956
The Ten Commandments
Moses
Cecil B. DeMille
Yul Brynner, Anne Baxter, Edward G. Robinson, Nina Foch, Debra Paget, John Derek, Yvonne De Carlo, Vincent Price, Martha Scott
Michael York, Raquel Welch, Richard Chamberlain, Oliver Reed, Faye Dunaway, Christopher Lee, Geraldine Chaplin
1974
Airport 1975
Alan Murdock
Jack Smight
Karen Black, George Kennedy, Gloria Swanson, Efrem Zimbalist jr., Susan Clark, Helen Reddy, Linda Blair, Dana Andrews, Roy Thinnes, Sid Caesar, Myrna Loy, Ed Nelson, Nancy Olson, Larry Storch, Martha Scott
The Four Musketeers
Kardinaal Richelieu
Richard Lester
Michael York, Raquel Welch, Richard Chamberlain, Oliver Reed, Faye Dunaway, Christopher Lee, Geraldine Chaplin
Earthquake
Stewart Graff
Mark Robson
Ava Gardner, George Kennedy, Lorne Greene, Geneviève Bujold, Richard Roundtree, Marjoe Gortner, Barry Sullivan, Lloyd Nolan, Victoria Principal, Monica Lewis, Walter Matthau
1975
The Fun of Your Life
Verteller
John J. Hennessy
1976
Midway
Kapt. Matthew Garth
Jack Smight
Henry Fonda, Toshirō Mifune, Robert Mitchum
Two-Minute Warning
Kapt. Peter Holly
Larry Peerce
John Cassavetes, Martin Balsam, Beau Bridges, Jack Klugman, Gena Rowlands, David Janssen, Marilyn Hassett, Walter Pidgeon, Mitchell Ryan, Pamela Bellwood, David Groh, Brock Peters
The Last Hard Men
Sam Burgade
Andrew V. McLaglen
James Coburn, Barbara Hershey, Jorge Rivero, Michael Parks
1977
Crossed Swords
Hendrik VIII
Richard Fleischer
Oliver Reed, Raquel Welch, Mark Lester, Ernest Borgnine, George C. Scott, Rex Harrison
1978
Gray Lady Down
Kapt. Paul Blanchard
David Green
David Carradine, Stacy Keach, Ned Beatty, Christopher Reeve