Ben-Hur
Ben-Hur is ’n historiese roman deur die Amerikaanse skrywer Lewis Wallace wat op 12 November 1880 deur Harper & Brothers gepubliseer is.[1] Dit is die eerste werk van fiksie wat die seën van 'n pous ontvang het.[2][3][4] Die roman speel in die tyd van Jesus in Antieke Rome en Antieke Judea af. Dit vertel die verhaal van twee mans – 'n Joodse prins (Ben-Hur) en 'n Roomse volkstribuun – wie se lewenslange vriendskap tot bittere haat versuur. Teen die einde beleef Ben-Hur die kruisiging van Jesus en bekeer hom tot die Christendom. ![]() Die boek was Amerika se topverkoper-roman tot Gone with the Wind in 1936 verskyn het. Ná die vrystelling van die Ben-Hur-fliek in 1959 (met Charlton Heston in die hoofrol) het die roman se verkope weer die hoogte ingeskiet, en die van Gone with the Wind oortref.[5] Talle ander flieks is van die storie gemaak, onder andere in 2016 met Morgan Freeman in die hoofrol. Die verhaal is deur H.J.M. Redelinghuys in Afrikaans vertaal. Verwysings
Information related to Ben-Hur |
Portal di Ensiklopedia Dunia