Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek
Die Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek vorm 'n klein ekostreek van die Afrotropiese gebied. Die streek bestaan uit party klein wortelboomgebiedjies in suidelike Mosambiek en die Suid-Afrikaanse provinsies KwaZulu-Natal en Oos-Kaap. Verder noordwaarts, langs die kus van Mosambiek en Oos-Afrika lê die ekostreek wortelboommoerasse van Oos-Afrika (AT1402), wat groter en beter ontwikkel is. Die verskil is hoofsaaklik dat die suidelike wortelboommoerasse die enigste subtropiese wortelboommoerasse van Afrika vorm. Hulle is op hoër breedte geleë, maar die Agulhasstroom, wat kuslangs vloei, verwarm hul habitat.[1] Op die voormalige Transkei se kus kom wortelbome in 17 riviermondings voor, maar hul totale oppervlakte beslaan slegs 0,17 km². Spesies soos Avicennia marina, Bruguiera gymnorrhiza en Rhizophora mucronata word daar aangetref. In die Mkozi-monding word ook die manglietvaring Acrostichum aureum L. aangetref.[2] Galery
Sien ookVerwysings
Information related to Wortelboommoerasse van Suid-Afrika en Mosambiek |
Portal di Ensiklopedia Dunia