Dresden (heel regs) as erepromotor van Jean Schlumberger (1954). Middel E.M. Forster
Nadat hy sy skoolloopbaan aan die Vossius Gimnasium in Amsterdam voltooi het, het Dresden die Gimnasium A-staatseksamen afgelê en filosofie en Frans in Amsterdam en Parys studeer. Dresden is in 1947 aangestel as professor van Franse letterkunde aan die Rijksuniversiteit Leiden. Hy was vanaf 1962 tot 1963 "rector magnificus" van dié instelling en vanaf 1975 tot 1981 het hy die leerstoel beklee vir algemene literêre studies. Dresden was ook vanaf 1978 tot 1981 die president van die Koninklijke Nederlandse Akademie van Wetenschappen.
Benewens ongeveer 200 artikels, het Dresden ook baie boeke gepubliseer. "Vervolging, vernietiging, literatuur", wat oor die Jode se letterkundige verwerking van die Sjoa handel, is waarskynlik sy bekendste werk. Hy het verskeie literêre toekennings ontvang. Hy het self ook tientalle kere op die beoordelingspanele van literêre pryse gesit, waaronder die Martinus Nijhoff-prys.