Safair
![]() ![]() Safair (IATA: FA, ICAO: SFR) is 'n lugvaartmaatskappy gebaseer op die O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Suid-Afrika [1] Dit bedryf een van die wêreld se grootste vlote van die burgerlike Lockheed L-100 Hercules vragvliegtuig,[2] dit onderneem ook huurvlugte; doen vliegtuigverhuring en verkope; kontrakbedrywighede en verhuringsdienste; huur van vlugbemanning en opleiding; die instandhouding en modifikasie van vliegtuie; lugvaartveiligheid en mediese opleiding; en kan bedrywighede ondersteun. [3] VlootTeen Julie 2019 bestaan die vloot van Safair uit:[4][5][6]
FlySafair
In 2013 het Safair 'n laekosteredery filiaal genaamd FlySafair begin, wat tans plaaslike passasiersdienste in Suid-Afrika bedryf. GeskiedenisSafair is aanvanklik deur Safmarine in Maart 1969 as 'n lugredery gestig en het begin bedryf op 18 Maart 1970. Sy primêre kliënt in die 1980's was die Suid-Afrikaanse Weermag. Tot die 1990's bedien dit hoofsaaklik die streeks- en plaaslike lugvragmark. In 1991 word dit gediversifiseer tot instandhouding van vliegtuie en oornagkoerierdienste, maar gaan ook voort met verhurings. In 1998 koop dit 'n 49%-belang in "Air Contractors", gebaseer in Ierland, en is self deur "Imperial Holdings" vir VS$ 40 miljoen gekoop in Desember 1998. In Julie 1999 verkry Safair beheer oor "National Airways Corporation" en "Streamline Aviation" ('n huurvlug- en vliegtuigverkoopmaatskappy). Dit is 'n volfiliaal van "ASL Aviation Group Ltd" gebaseer in Dublin, Ierland, [7] 'n filiaal van die Belgiese groep Compagnie Maritieme Belge [8] Verwysings
|
Portal di Ensiklopedia Dunia