Party van die Arbeid
Die Party van die Arbeid (Nederlands: Partij van de Arbeid, PvdA) is 'n Nederlandse sosiaal-demokratiese politieke party wat in 1946 gestig is. Die party het kort na die Tweede Wêreldoorlog voortgekom uit die vooroorlogse Sosiaal-Demokratiese Arbeidersparty (SDAP), die Vrysinnig-Demokratiese Bond (VDB) en die klein Christen-Demokratiese Unie (CDU). Sedertdien het dit 'n belangrike rol in die Nederlandse politiek gespeel, veral tydens die kabinette van Willem Drees (1948-58), Joop den Uyl (1973-1977) en Wim Kok (1994-2002). Van 5 November 2012 tot 26 Oktober 2017 het die PvdA met die liberale Volksparty vir Vryheid en Demokrasie (VVD) die Rutte II-kabinet gevorm, daarna was dit in die opposisie teen die regs-sentrale Rutte III-kabinet. Die politieke leier is Frans Timmermans. In die verkiesings van die nuwe Tweede Kamer op 22 November 2023 het die Party van die Arbeid saam met GroenLinks 25 setels behaal.
Die Party van die Arbeid is 'n lid van die Sosialistiese Internasionaal. Partyleiers
Bronne
Eksterne skakelsInformation related to Party van die Arbeid |
Portal di Ensiklopedia Dunia