EMI
Die EMI-groep, ook bekend as EMI Music of net EMI, is 'n Britse multinasionale musiek maatskappy met sy hoofkwartier in Londen. Dit was die vierde grootste platemaatskappy in die opname-industrie en is as een van die "groot vier" platemaatskappye beskou. EMI-groep het ook 'n belangrike publikasie arm, EMI Music Publishing - ook in Londen gebaseer, met kantore wêreldwyd. Die maatskappy was eens deel van die FTSE 100 indeks, maar sedert Februarie 2011 word dit geheel en al deur Citigroup besit (wat die maatskappy wat op daardie stadium finansieel gesukkel het met meer as $ 4 miljard skuld, oorgeneem het). EMI is n lid van die RIAA en IFPI. In November 2011 het Citigroup aangekondig dat 'n voorlopige ooreenkoms bereik is om die maatskappy te ontbondel en stukke van die maatskappy af te verkoop. Verwysings
Eksterne skakels
Information related to EMI |
Portal di Ensiklopedia Dunia