Die Berbers (Berbers: ⵉⵎⴰⵣⵉⵖⵏ Imaziɣen, enkelvoud: ⴰⵎⴰⵣⵉⵖ Amaziɣ/Amazigh) is 'n etniese groep inheems aan Noord-Afrika wat Berbertale praat. Hulle is versprei in 'n gebied wat strek van die Atlantiese Oseaan in die weste tot die Siwa-oase in Egipte in die ooste en van die Middellandse See in die noorde tot die Nigerrivier in die suide. Dié streek was van die 16de tot die 19de eeu in Europa bekend as die Barbaryse Kus. Lande met 'n belangrike Berberbevolking sluit in Algerië, Libië, Mali, Marokko, Mauritanië, Niger en Tunisië. In die lande van die Magreb, waar die Arabiere die meerderheid vorm, vorm die Berbers die belangrikste minderheid.
Vlag van die Berbers[25]Verspreiding van Berbertale:
Die Berbers vorm die inheemse bevolking van Noord-Afrika en eerste verwysings stam van beide die Antieke Egipte en Antieke Griekeland. Die Griekse historikus en skrywer Herodotos het hulle in sy bekende Histories opgeteken. Oor eeue heen het Berbers die kus vanaf die Atlantiese Oseaan tot Egipte bewoon en het afwisselend onder die heerskap van die Fenisiërs, Romeinse Ryk, Vandale, Alane en die Bisantynse Ryk gekom.
Nog voor die Arabiese verowering van die Magreb onder die Rasjidoen-kalifaat en die Omajjadiese Kalifaat het die Berbers die belangrikste bevolkingsgroep in Noord-Afrika gevorm. Sedertdien word die gebied deur die Arabiere oorheers en Arabies is die belangrikste taal. As gevolg daarvan is die Berbergebied gefragmenteer en hulle het die Islam as hul geloof aangeneem. Arabiere en Berbers het die Iberiese Skiereiland in 711 verower en aansluitend daar gevestig. Hulle het die Islamitiese ryk van Al-Andalus gekenmerk en pragtige paleise soos die Alhambra in Granada opgerig.
As gevolg van die ChristelikeReconquista van Portugal en Spanje in 1492 is die Berbers van die Iberiese Skiereiland verdryf en hulle het in Noord-Afrika hervestig. As gevolg van die Franse verowering van groot dele van Noord-Afrika het die Berbers onder Franse invloed gekom en Frans 'n belangrike vreemde taal geword. Vandag leef sowat 1,5 miljoen Berbers in Frankryk.
Aangesien die meeste Berbers in gebiede woon wat moeilik toeganklik is, is daar min nywerhede in hulle woongebiede. Daar is egter potensiaal vir uitbreiding ten opsigte van hulle handwerk. Dit behels ook produkte wat as "kunsnywerheidsartikels" aan toeriste verkoop word en selfs in die buiteland bemark kan word. Die Berbers se pottebakkerswerk het nie ver ontwikkel nie, maar slaag miskien tog juis deur die eenvoud daarvan. Hulle vlegwerk (hoede, mandjies en matte) oortref selde die peil van goedkoop gebruiksartikels. Die doeke en komberse van die Berbers het 'n eie karakter. Dit word geweef met inslag van dik woldrade op 'n skering van baie dun katoendraad. Verskillende kleure word gebruik en die ontwerpe bestaan uit eenvoudige geometriese patrone. Die tradisionele kleurkombinasie vir mans is wit, grys, swart en bruin. Vroue gee weer voorkeur aan 'n kombinasie van wit met een of helderder primêre kleure, afhangende van die plaaslike kleredrag.
↑(en) Morocco's Berbers Battle to Keep From Losing Their Culture / Arab minority forces majority to abandon native language. Peter Prengaman, Chronicle Foreign Service. 16 Maart 2001 [1]
↑(en) Blench, Roger. Archaeology, Language, and the African Past. Rowman: Altamira, 2006 ISBN 978-0-7591-0466-2
↑(en) Diakonoff, Igor. The Earliest Semitic Society: Linguistic Data. Journal of Semitic Studies, Vol. 43 Iss. 2 (1998).
↑(en) Shirai, Noriyuki. The Archaeology of the First Farmer-Herders in Egypt: New Insights into the Fayum Epipalaeolithic and Neolithic. Leiden University Press, 2010. ISBN 9789087280796.
↑(en) Blench R (2006) Archaeology, Language, and the African Past, Rowman Altamira, ISBN 0-7591-0466-2, ISBN 978-0-7591-0466-2, books.google.be/books?id=esFy3Po57A8C
↑(en) Ehret C, Keita SOY, Newman P (2004) The Origins of Afroasiatic a response to Diamond and Bellwood (2003) in the Letters of SCIENCE 306, no. 5702, bl. 1680 doi:10.1126/science.306.5702.1680c
↑(en) Bender ML (1997), Upside Down Afrasian, Afrikanistische Arbeitspapiere 50, bl. 19-34
↑(ru) Militarev A (2005) Once more about glottochronology and comparative method: the Omotic-Afrasian case, Аспекты компаративистики - 1 (Aspects of comparative linguistics – 1). FS S. Starostin. Orientalia et Classica II (Moscow), bl. 339-408. http://starling.rinet.ru/Texts/fleming.pdf
↑(en) "Berbers". Flags of the World. 9 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 September 2015. Besoek op 18 Februarie 2016.