Al-Jinn
Al-Jinn (Arabies: الجن, "Die Djien") is die 72ste soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 28 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka aan Mohammed geopenbaar. OpsommingDie naam én onderwerp van die hoofstuk is die djien, wat in vers 1 die eerste keer genoem word. Nes die engele is die djien wesens wat met die blote oog onsigbaar is. In hoofstuk 15 staan mense is uit klei geskape en djien uit rooklose vuur.[1] In die tweede vers herroep die djien hulle geloof in valse gode en loof hulle Mohammed vir sy monoteïsme. Hulle vra verskoning vir hulle godslastering van die verlede en kritiseer mense omdat hulle hulle óf verwaarloos óf hulle ongeloof aanmoedig. Verwysings
Skakels
Information related to Al-Jinn |
Portal di Ensiklopedia Dunia