Asië Rugby (Engels: Asia Rugby, afgekort “AR”) is die kontinentale beheerliggaam vir rugby in Asië. Hulle is ook een van Wêreldrugby se ses kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1968 gestig en hulle hoofkantoor is in Hongkong, Volksrepubliek China, geleë. Die amptelike taal is Engels en Qais Al-Dhalai dien as president van Asië Rugby.
Asië Rugby organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Asiatiese Rugbykampioenskap vir nasionale seniorrugbyspanne vir mans, vroue en jeug. Asië Rugby hou ook toesig oor Sewesrugby in Asië en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Olimpiese Raad van Asië (OCA) saam.
In 1968 is Asië Rugby onder die naam Asiatiese Rugbyvoetbalunie (Engels: Asian Rugby Football Union) in Bangkok gestig deur Hongkong, Japan, Thailand, Suid-Korea, Sri Lanka, Maleisië, Singapoer en Taiwan.[2] In Junie 2015 is die Asiatiese Rugbyvoetbalunie hernoem in Asië Rugby.
Bahamas • Barbados • Belize • Bermuda • Britse Maagde-eilande • Curaçao • Dominikaanse Republiek • Frans-Guyana • Guadeloupe • Guyana • Jamaika • Kaaimanseilande • Kanada • Kuba • Martinique • Meksiko • St. Lucia • St. Vincent en die Grenadine • Trinidad en Tobago • Turks- en Caicoseilande • Verenigde State